
Agt leerders van die Primêre Skool Parys en ses leerders van Hoërskool Parys sê vandag, Saterdag 25 Mei hul sê by die ATKV-redenaars se Vrystaat-uitdunronde.

Die laerskoolleerders wat deurgedring het is Danica Joubert, Reuben de Jager, MNJ Joubert, Luhan van Wyk, Carli de Jager, Alouise Supra, Karlien Joubert en Layla van Riet.

Die hoërskoolleerders is MW Supra en Kyla Jardim (senior onvoorbereide toesprake), Pieter Joubert (senior voorbereide toespraak) asook Christopher Furlong, Karisa Nortman en Samantha Olwagen (junior voorbereide
toesprake).
toesprake).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.