Bibberkoue laat die tande klap
Temperature van onder 20 grade Celsus kan nog die naweek en volgende week verwag word.

Daar’s min dinge so lekker soos ‘n warm pannekoek in die ysige winterweer wat Parysneaars vandeesweek getref het El Sali Kleuterskool het die kleuters Maandag met heerlike pannekoek bederf
Daar is sedert Sondag 10mm reën in die dorp gemeet.

Dit was sommer bibberkoud die week in Parys. Op die foto is Leamé Aucamp en Klara van Wyk, twee kleuters van El Sali-kleuterskool wat snoesig aangetrek was teen die ysige koue.

Naas pannekoek was daar Maandag ‘n bekertjie warm sjokolade om die koue weg te hou vir kleuters van El Sali-kleuterskool.

Leamé Aucamp, Klara van Wyk, Luan Kellerman en Karabelo Rankhadi smul aan die heerlike pannekoek waarmee hulle by die kleuterskool bederf is.

Leamé Aucamp smul aan haar pannekoek.

Dié foto en die pragtige reënfoto hieronder is Maandag deur Annemarie Ferreira geneem.




