Local newsNews

Kranse bring vreugde vir bejaardes oor Kersfees

Jou kreatiwiteit kan 'n verskil maak

Ons Tuis nooi die gemeenskap uit om deel te wees van die  Kranse vir Kersfees 2024-projek. Met die projek word handgemaakte Kerskranse ingesamel vir’n  fondsinsamelings om hierdie feestyd spesiaal te maak vir ons bejaarde inwoners. Bejaardes van AMOT is een van die tehuise in Parys wat by die projek sal baat.

Belangstellendes kan Kerskranse maak en dit tussen 1 November en 20 Desember 2024 skenk en by Amot aflaai.. Elke krans wat geskenk word, sal deur Ons Tuis tydens die Feesseisoen verkoop word vir die fondsinsamelingsprojek.

Jou kreatiwiteit kan ‘n verskil maak. Kom ons maak hierdie Kersfees spesiaal vir ons bejaardes. Besoek https:https://onstuis.org/kranse-vir-kersfees/ vir meer inligting.

Die volledige lys van Ons Tuis fasiliteite waar jy jou krans kan aflaai is:

Ons Tuis Riviera: Soutpansweg 180, Riviera, Pretoria
Ons Tuis Seniorstuis: Parkerstraat, Riviera, Pretoria
Ons Tuis Machteld Postmus: Alexanderstraat 372, Brooklyn, Pretoria
Ons Tuis Emily Hobhouse: Malherbestraat 55, Capital Park, Pretoria
Ons Tuis Van Rensburg: Delaneystraat 69, Danville, Pretoria
Ons Tuis Louis Trichard: Danweg 127, Danville, Pretoria
Ons Tuis Piet Potgieter: Hoogestraat 60, Potgietersrus
Ons Tuis Andries Marie Oosthuizen (AMOT): Tweedelaan 15, Parys

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button