Local newsNews

Uitspraak oor intervensie later verwag

Die burgerregteorganisasie het versoek dat hy toegelaat word om onder meer met die administrasie van die water- en rioolwerke te help.

‘n Dringende aansoek is verlede week deur AfriForum by die Bloemfonteinse Hooggeregshof ingedien waarin intervensie by die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit ingevolge artikel 139 van die Grondwet versoek is. Hiervolgens kan ‘n provinsiale uitvoerende gesag intree en ‘n munisipaliteit onder administrasie plaas. Uitspraak word in Januarie verwag.

Die burgerregte organisasie het Dinsdag in ‘n verklaring gesê inwoners van Parys is vuisvoos gesukkel met gebrekkige dienslewering wat meer onlangs daartoe gelei het dat hulle tydens ‘n hittegolf sonder krag of water gelaat is. AfriForum sê verder dat wanneer daar wel water was, was dit bruin en ongeskik vir menslike gebruik

Die organisasie het Dinsdag ‘n klagte oor dié en ander menseregteskendings by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Volgens Alta Pretorius, Distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek, bied AfriForum gereeld sy hulp aan vir die munisipaliteit.

Schalk Burger, voorsitter van die AfriForum-tak in Parys, sê verder die bestuur het ‘n goeie verhouding met die munisipaliteit gehad tot op hierdie punt. Hy sê egter AfriForum se insette word geïgnoreer.

AfriForum voer in sy hofaansoek aan dat die munisipaliteit volgens die organisasie versuim om sy administrasie, begroting en beplanningsprosesse behoorlik te struktureer en te bestuur en as gevolg daarvan nie volhoubare dienste aan die gemeenskap kan lewer nie.

Daarom het die burgerregteorganisasie versoek dat hy toegelaat word om onder meer met die administrasie van die water- en rioolwerke te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button