Local newsNews

Renier ingesluit in ASA se voorbereidingspan

Parys is trots op jou!

Renier de Villiers, ‘n oudleerder van Parys, is ingesluit in Atletiek Suid-Afrika se voorbereidingspan van 76 atlete met die oog op die Wêreld Atletiekkampioenskappe wat in September in Tokyo, Japan gehou word.

Die atlete sal egter die vereiste kwalifiserende tye en kriteria moet behaal om uiteindelik in die nasionale span vir die Wêreldkampioenskappe ingesluit te word.

Renier, ‘n 800m atleet, het pas ‘n 26 dae oefenkamp in Dullstroom bygewoon waar hy saam met top atlete van Amerika geoefen het as deel van sy voorbereiding vir die kampioenskappe.

Renier de Villiers

Hy word afgerig deur Jean Verster en is deel van die Potch Track Club (PTC).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button