Help asseblief! Ons soek huis
As jy 'n liefdevolle huis vir hierdie honde of katte kan bied, skakel die DBV by 072 894 4061 vir meer inligting.

Die plaaslike Dierebeskermings-tak (DBV) het met die nuwejaarsvieringe vanjaar twee verlore honde gekry wat deur die publiek na die DBV-perseel gebring is, en een hond wat deur die DBV personeel verdwaald in die strate gevind is. Al drie honde is reeds met hul eienaars herenig.
Daar is egter heelwat pragtige honde en katte by die DBV wat opgegee is vir aanneming omdat hul eienaars verhuis het, of nie meer na die diere kan omsien nie. As jy ‘n liefdevolle huis vir hierdie honde of katte kan bied, skakel die DBV by 072 894 4061 vir meer inligting.


Die DBV het ook tans nood vir katsand, hondekos vir beide klein en volwasse honde, waspoeier vir die diere se beddegoed, skryfbehoeftes en papier vir die drukker in die DBV-kantoor, Jeyes fluid, ontwurming en dipstof. As jy kan help kan jy skenkings by die DBV-perseel afgee, of skakel die DBV om te reël dat die skenkings gehaal word.





