Local newsNews

Covid kry 2024-matrikulante nie onder nie

Vrystaatse matrikulante spog met hoogste slaagpersentasie.

Desondanks die uitdagings van Covid-10 waarmee die 2024 matriekklas hul hoërskoolloopbaan moes begin, spog dié groep matrikulante  nie net met  die hoogste matriekslaagsyfer in die land se geskiedenis nie, maar ook met die meeste kandidate tot nog toe (337 000) wat met universiteitsvrystelling slaag.

Die Vrystaat se matrieks het ook weer die hoogste slaagpersentasie (91%). KwaZulu-Natal se matrikulante is tweede, en Gauteng derde. Matriekuitslae in al die provinsies het verbeter gemeet teen die 2023-prestasies.

Matrikulante se uitslae sal van net na middernag op aanlyn platforms van onder meer koerante wat die diens bied, beskikbaar wees, en kan ook Dinsdagoggend by skole gekry word.

Die departement van onderwys het Maandag tydens die amptelike bekendmaking van die 2024-matriekuitslae verwys na ‘n voorval oor die naweek waar ‘n onderneming vir matrikulante hul uitslae op ‘n aanlyn platform teen R99,90 te koop aangebied het,  nog voor die uitslae amptelik bekendgemaak is.

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het gesê diegene wat verantwoordelik was vir die verkoop van die uitslae kan gevolge vir hul dade verwag. Sy het gesê die departement werk saam met die Valke en en die Staatsveiligheidsagentskap om die voorval te ondersoek om vas te stel wie verantwoordelik was hiervoor. Sy het verder gesê dat sou die dataskending uit die departement se eie geledere wees, ‘n interne ondersoek sal volg.

Gwarube het egter benadruk dat sou daar gevind word dat daar dataskending was, dit nie die geloofwaardigheid van die uitslae sal beïnvloed nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button