Local newsNews

Opvoedkundige sielkundige was geliefd deur baie

Ons opregte medelye aan sy familie.

Arrie Pietersen wat vir jare vir die Vrystaatse Onderwysdepartement as opvoedkundige sielkundige by skole in die distrik gewerk het, is op 11 Desember oorlede. Hy was 72 jaar oud.

Arrie was die afgelope 20 jaar ‘n inwoner van Parys en was voorheen van NamibiĆ«.

Hy begin in 1992 as opvoedkundige sielkundige by die Vrystaatse Onderwysdepartement in Sasolburg, en tree in 2016 af as kliniekhoof van die departement.

Hy het ook ‘n private praktyk in Vaalpark gehad, waarvan hy die laaste twee jaar van sy huis in Parys gewerk het.

Arrie was alom bekend en geliefd deur vriende, familie en talle kinders wat hy met leerprobleme gehelp het.

Arrie Pietersen.

Hy word oorleef deur sy vrou, Yvonne, seun, Arno, en dogter, Carina, asook sy drie kleindogters, en susters Devilla en Carol.

Die gedenkdiens vir Arrie sal op 25 Januarie in Parys gehou word.

Hy sal onthou met net die mooiste herinneringe onthou word. Ons opregte medelye aan sy familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button