Parys Gazette distansieer hulself van valsnuus-plasing op Facebook
Caxton Plaaslike Media het namens Parys Gazette die admins en moderators van die blaaie gekontak en die onmiddellike verwydering van die pos versoek, waaraan hul voldoen het.

Daar is die afgelope week ‘n plasing op die Facebook-blad NUUSBLAD Carletonville – Fochville – Welverdiend en ander groepe geplaas waarin die mashoof en ‘n voorblad van Parys Gazette gebruik is om ‘n valsnuus plasing te maak.
Die strekking daarvan was dat ‘n persoon gesoek word vir seksuele oortredings.
Die Parys Gazette het nie die plasing gemaak nie en distansieer hul daarvan.
Caxton Plaaslike Media het namens Parys Gazette die admins en moderators van die blad gekontak en die onmiddellike verwydering van die pos versoek, waaraan hul voldoen het.
Parys Gazette aanvaar geen verantwoordelikheid vir die valsnuus wat hierdeur versprei is nie.
Die moderators van enige openbare Facebook-blad het ‘n verpligting om sulke plasings te verwyder.
Parys Gazette het onmiddellik opgetree toe die plasing onder hul aandag gebring is.



