
Nog vier Parysenaars wat uitgeblink het in die 2024 matriekeindeksamen is Martin Ferreira, Jamie Brewer, Hanru van Rooyen en Nerine van der Westhuizen.
Nerine spog met ses vakonderskeidings, terwyl Martin, Hanru en Jamie elk vyf A-simbole het.

Martin het onderskeidings in wiskunde, rekeningkunde, Engels Eerste Addisionele Taal, rekenaartoepassingstegnologie en lewensoriëntering. Hanru het sy onderskeidings vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, wiskunde, ingenieurs grafika & ontwerp, inligtingstegnologie en lewensoriëntering. Jamie het haar onderskeidings in Engels Eerste Addisionele Taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde en rekenaartoepassingstegnologie. Nerine het A-simbole vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, wiskunde, lewensoriëntering, verbruikerstegnologie en lewenswetenskappe.