Local newsNews

Polisiebeampte sterf in botsing

Sersant Thabiso Andries Mareletse is op die toneel dood, en sy bemanning, konstabel Bongani Jefrey Xanko (31) ernstig beseer.

‘n Polisiebeampte verbonde aan die Heilbronse eenheid vir sigbare polisiëring in die Vrystaat, het verlede Donderdag tragies in ‘n motorongeluk gesterf tydens ‘n jaagtog op die spoor van ‘n vermeende veedief in ‘n wit Nissan Sentra. Die dood van sersant Thabiso Andries Mareletse (45) in die vroeë oggendure op die R34 (Heilbron/Edenville-pad), sowat 15km buite Heilbron, is deur brigadier Motantsi Makhele bevestig.

Makhele sê die ongeluk het om ongeveer 02:35 gebeur. Mareletse wat die polisiebakkie bestuur het, het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor tydens die hoëspoed jaagtog en het dit gerol. Hy is op die toneel dood, en sy bemanning, konstabel Bongani Jefrey Xanko (31) is ernstig beseer.

Sersant Thabiso Andries Mareletse

“Beide polisiebeamptes was aan diens ten tyde van die ongeluk,” het Makhele gesê.

Die polisie se provinsiale kommissaris in die Vrystaat, luitenant-generaal Baile Motswenyane, het die polisie se opregte medelye met die familie, vriende en kollegas van Mareletse betuig, en het bygevoeg dat dit hartseer is om polisiebeamptes aan diens so vroeg in die jaar te verloor. Motswenyane het ook Xanko spoedige beterskap toegewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button