Local newsNews

Rugbyklub sit skouer aan die wiel vir liga

Alle klublede en belangstellendes word ook herinner aan die klub se jaarvergadering op 21 Januarie

Parys-rugbyklub het Dinsdag met oefening vir die seisoen begin. Enigeen wat belangstel om deel te word van die klub is welkom by oefening Dinsdae 18:00 vir 18:30 op Hoërskool Parys se rugbyveld. Die klub speel op 8 Februarie sy eerste wedstryd teen Potch Dorp in Viljoenskroon, en op 15 Februarie teen Elsburg op Elsburg se tuisveld. Daarna begin die ligawedstryde.

Die klub beplan ook vanjaar ‘n Golden Oldies-dag waar ouer en voormalige spelers weer mekaar die stryd op die rugbyveld sal aansê. As jy belangstel om by die Golden Oldie WhatsApp groep ingesluit te word, skakel Gerhard by 082 356 5479.

Alle klublede en belangstellendes word ook herinner aan die klub se jaarvergadering op 21 Januarie om 18:00 by AB’s Pub & Grill. Spelers en die publiek word aangemoedig om die vergadering by te woon waar die voorsittersverslag en finansiële state voorgehou sal word, die jaarprogram gegee word, en ‘n komitee vir 2025 gekies sal word. Navrae – 072 551 4527.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button