Local newsNews

Liefde blom vir ses dekades se saam wees

Dit is die egpaar se nederigheid, meelewendheid en fyn sin vir humor wat hul geliefd maak waar hulle hul ook al bevind.

Wat destyds by die KJV van die NG Gemeente Wonderboom-Suid as n vriendskap begin het, het geblom tot `n gelukkige huwelik van 60 jaar tussen die Tokkelok Sias Vogel en sy sjarmante Mariana. ‘n Mylpaal wat dié egpaar verlede week kon vier. Vir hulle is genade die gom van hul saamwees.

Merkwaardig is dat ten spyte van tientalle beroepe, die egpaar net twee gemeentes bedien het. Dié van Balfour asook Tadcaster in die Vaalharts-omgewing. Maar nog was dit nie die einde nie, want sedert hul aftrede is albei steeds betrokke by gemeentelike aktiwiteite. Ds. Sias preek nog aktief in al die NG gemeentes in Parys, veral die Moedergemeente. Mariana is die orrelis van die Parys-Suid Gemeente.

Ds. Sias, soos hy alombekend staan, het die besondere prestasie behaal deur een van slegs twee predikante te wees om onderskeidelik tot moderator, skriba en notaris van `n Sinode verkies te word, en wel van die Noord-Kaap Sinode. Ook op die Algemene Sinode het hy sleutelposte beklee.

Desnieteenstaande was hy altyd nou betrokke by die lief en leed van sy eie gemeentes, moontlik gemaak deur die feit dat Mariana, opgelei as onderwyseres, `n voltydse tuisteskepper en pastoriemoeder was.

Mariana het self ook `n leidende rol in die Algemene Sionode se komitee vir vrouelidmate gespeel.

Die egpaar het vier kinders, 10 kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Ds Sias het die voorreg gehad om hulle almal te doop. Die mees onlangse aankomelinge is dan ook in die Parys-Suid Gemeente deur hul oupagrootjie gedoop.

Nog `n merkwaardige feit oor die geliefde egpaar is dat al die kinders sonder studieskuld afgestudeer het ten spyte daarvan dat ds. Sias die enigste broodwinner was, afgesien van die honorarium wat Mariana as koster en orreliste verdien het.

Ds. Sias en sy Mariana.

Mense wie se bekwaamheid nie te betwyfel is nie. Tog is dit hul albei se nederigheid, meelewendheid en fyn sin vir humor wat hul geliefd maak waar hulle hul ook al bevind.

Ons wens hulle nog vele gelukkige jare saam toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button