Hande in gebed gevat op N1-hoofweg
Die tragiese lewensverlies het die behoefte laat ontstaan vir die byeenkoms wat gereël is in samewerking met onder meer die leraars van twee NG gemeentes in Koppies, om saam te bid vir die bekerming van elke padgebruiker op hierdie spesifieke deel van die N1.

Gemeenskapslede het verlede Saterdag hande in gebed gevat op die N1 by die Rooiwalafrit waar saam gebid is vir die groot aantal
padsterftes op dié pad, veral oor die feestyd.
Die gemeenskap en gesinne landwyd is diep geraak deur die tragiese dood van 19 mense in afsonderlike ongelukke op die N1
tussen die Koppies-afrit en Heuningspruit die afgelope weke van die vakansietyd, is gesê. Terselfdertyd is ook dankie gesê vir wydverspreide reën die afgelope twee weke.
Die tragiese lewensverlies het die behoefte laat ontstaan vir die byeenkoms wat gereël is in samewerking met onder meer die leraars van twee NG gemeentes in Koppies, om saam te bid vir die bekerming van elke padgebruiker op hierdie spesifieke deel van die N1.
Die geruis van biddende stemme wat die oggend in ‘n gewyde atmosfeer langs die N1 gehoor is, het gesorg vir ‘n aangrypende ervaring en gesig van mense wat diep geraak is deur die hartseer van families wat geliefdes verloor het.
In ‘n boodskap uit Jakobus 1:17 is vertroosting gegee met die woorde dat die Een wat alles weet, die Een is waarin ons ons vertroue kan plaas.

By die gebedsbyeenkoms was ook die oupa van klein Matthew Dunn (5) wat een van die slagoffers was van ‘n trompop botsing op dié pad op 6 Januarie net buite Koppies.
Matthew het saam met sy pa, Andrew, en sussie Gemma (7) in die ongeluk gesterf. Die gedenkdiens vir Andrew en die
kinders is 16 Januarie in Boskruin gehou.
Matthew se oupa het die oggend ook kosbare herinneringe van klein Matthew gedeel.