Local newsNews

Polisiesersant te ruste gelê na tragiese ongeluk

Die polisie se distrikskommissaris vir die Fezile Dabi-streek, Generaal Makhubo, het tydens die gedenkdiens gesê dit is hartseer om 'n polisiebeampte te verloor, maar selfs nog meer tragies om 'n polisiebeampte van sers. Mareletse se kaliber te verloor.

‘n Pa van vier, die 46-jarige sersant Thabiso Mareletse is Saterdag in Phiritona, Heilbron te ruste gelê nadat hy op 8 Januarie in ‘n tragiese motorongeluk gesterf het tydens ‘n jaagtog op die spoor van ‘n vermeende veedief op die R34 net sowat 15km buite Heilbron.

Sersant Mareletse, het in 2007 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens as konstabel aangesluit, en was ‘n trotse polisiebeampte wat lief was vir sy werk en betrokke by sy gemeenskap om misdaad te bekamp, het polisiewoordvoerder sers. Kareli gesê.

Die familie het  mense bedank vir die boodskappe van medelye wat ontvang is in hierdie hartseer tyd.

Die polisie se distrikskommissaris vir die Fezile Dabi-streek, Generaal Makhubo, het tydens die gedenkdiens gesê dit is hartseer om ‘n polisiebeampte te verloor, maar selfs nog meer tragies om ‘n polisiebeampte van sers. Mareletse se kaliber te verloor. “Ek staan hier met ‘n seer hart omdat ek een van my beste lede verloor het.”

“Sersant Mareletse het met toewyding en uitnemendheid gedien,” het generaal Makhubo gesê, en ook gesê dat daar in gebed gedink word aan sersant Mareletse se kollegas, asook konstabel Bongani Xanko wat saam met sersant Mareletse in die polisievoertuig was toe die ongeluk gebeur het.

Majoor-generaal Sing het in die afwesigheid van die Vrystaatse polisiekommissaris, luitenant-generaal Baile Motswenyane, ook haar boodskap van medelye aan die familie gelees.

Sersant Mareletse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button