Local newsNews

Hande gevat vir Penbuddy inisiatief

Dankie aan elke ouer, onderwyser, kleuter, leerder en sakelui wat met soveel geesdrif die afgelope maande gehelp het om die skryfbehoeftes in te samel.

Aan die begin van ‘n nuwe skooljaar is daar saam met skoolklere ook lyste skryfbehoeftes wat gekoop moet word, en word ou/gebruikte skryfbehoeftes dikwels weggegooi of in ‘n kas gedruk. Ongelukkig is skryfbehoeftes duur, en is daar al meer
kinders wat ‘n skooljaar begin sonder die nodige in ‘n skooltas.

Parys Gazette het vanjaar met die Penbuddy-projek kragte saamgespan met Die Klerekas, skole en kleuterskole in die gemeenskap om ou/gebruikte skryfbehoeftes in te samel en te verpak vir skole om op dié manier te voorsien vir hulle wat
nie skryfbehoeftes het nie. In elke boks is ‘n verskeidenheid items gepak – van liniale tot skêre, potlode,
penne en selfs pennesakkies en boekoortreksels.

Hannie Pretorius, departementshoof: grondslagfase, en juffrou Trudie Steenkamp, Gr. 1 juffrou by Chris van Niekerk skool in Vredefort, saam met van die skool se graad 1’s by die Penbuddy boks wat dié skool ontvang het.
Gr.1 gesiggies van Parys Christelike skool met die Penbuddy boks wat vir die skool oorhandig is. Van links is Joshua Glaus, Leané Grobler, Talita le Roux en Minharde Roos.
Duronay Scholtz, Chadwin de Lange en Tshegofatso Pule met die Penbuddy boks wat by die Schonkenville Intermediëre skool oorhandig is.

Die gedagte was dat enigeen wat skryfbehoeftes benodig gehelp kan word uit die Penbuddy-bokse wat by skole in die Parys en Vredefort gemeenskappe oorhandig is.

Mense se harte was oop vir die projek en kon naas die skole ook ‘n skenking van inkleurboeke, kryte en klei aan die inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys oorhandig word vir hul terapiesessies.

Van die inwoners van die Epilepsie VS/Noordwes-sentrum by die Penbyddy boks wat vir die sentrum oorhandig is vir gebruik vir terapie vir die sentrum-inwoners. Links is Melanie Fouche een van die sentrum-personeellede.

Hierbenewens het die Penbuddy-projek ‘n geldelike skenking van mnr. George Papavarnavas ontvang wat aan Solidariteit oorhandig is vir dié organisasie se Tassieprojek waarmee graad een-leerders in Parys jaarliks met tasse en skryfbehoeftes gehelp word waar nodig. Sewentien kinders in Parys het vanjaar by die Tassieprojek gebaat.

Corlia Lourens (ondervoorsitter van die plaaslike Solidariteit-tak) en Lida du Plessis (tesourier van die plaaslike Solidariteit-tak) saam met Marlene Jansen van Vuuren wat die skenking vir Solidariteit se Tassieprojek namens mnr. George Papavarnavas oorhandig het.

Spesiale dank aan Die Klerekas, George Papavarnavas en personeel, Parys Christelike Skool en Noag se Arkie, Bumble Tots Montesorri en Dome Combined School.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button