
Vier verdagtes is deur die polisie gearresteer nadat ‘n besigheid in die Lusaka-gedeelte van die Tumahole-woonbuurt Woensdag helder oordag beroof is.
Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê die vier mans tussen 27 en 39 jaar oud, het om 12:00 die middag die winkel binnegestap en ‘n onbekende bedrag geld, en ‘n selfoon gevat. Hulle het met ‘n wit polo sedan van die toneel gevlug.
Die motor is op die R42 Barrage-pad opgemerk en gekonfiskeer, tesame met n selfoon, windbuks en onbekende bedrag geld wat buitgemaak is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



