Local newsNews

Gemeenskap eis geregtigheid na tiener se dood

Die man wat vir die moord aangekla word sal weer Maandag voor die hof verskyn.

Borgtog is Vrydag in die landdroshof in Parys geweier vir die 43-jarige man wat tereg staan op die moord van die 15-jarige Tshireletso Nnete, ‘n graad 10-leerder van die Yakhisizwe High School wat op 5 Maart in ‘n straat in Schonkenville ten aanskoue van ander kinders aangerand is. Hy het aan sy beserings beswyk.


Lede van die gemeenskap oondersteun deur die ANC Vroueliga, ACT en SAMWU het Vrydag voor die hofgebou bymekaar gekom om te eis dat borg nie aan die beskuldigde gegee sal word nie.

Gemeenskapslede het aan Gazette vertel dat Tshireletso die middag na skool saam met ander kinders in die straat sokker gespeel het toe die beskuldigde daar verbygestap het. Hy is later glo deur sy seun geroep waarop hy bewerings gemaak het dat sy seun deur ander kinders geboelie word.Die oorledene en nog ‘n seun is toe ten aanskoue van die ander kinders aangerand. Die pa het homself later aan die polisie oorgegee.

Hy bly in aanhouding en moet weer Maandag voor die hof verskyn.

Mina Maine wie se seun saam met die oorledene was en ook aangerand is, sê haar kind was die sterker een en was gelukkig om weg te kom. Sy sê hy slaap nie en is erg getraumatiseerd na die voorval. Gemeenskapslede wat Vrydag by die hof was, sê hulle voel nie veilig nie, en wil hê dat geregtigheid moet geskied.

Die 15-jarige Tshireletse Nnete.

“Dit is pynlik. Dié tipe geweld is oraloor,” het lede van die ANC se Vroueliga gesê, en hulle sterk uitgespreek teen geweld teen vroue en kinders. Mense in die omgewing waar die voorval gebeur het, het gesê hulle is geskok. “Ons kinders verwag van volwassenes om hulle te beskerm, nie seer te maak nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button