
Die plaaslike Thunder Aquatics swemklub het die afgelope maand aan die SA Vlak 2 en 3 swemkampioenskappe deelgeneem waar uitstekende posisies behaal is.
Cay-Din Oelofse, Ella Lombard en Lara Greyling het al drie by die SA Vlak3 byeenkoms wat van
20-23 Maart gehou is, hul tye verbeter. Cay-Din behaal ‘n tweede plek, en Ella eindig derde.
Dregan Brink, MW Supra, Xander Pretorius, Matthew Greyling, Alouise Supra, Mienke Kemp, Yolayne Aucamp, Kens-Linn Oelofse en Hay-Din Oelofse het aan die SA Vlak 2 byeenkoms vanaf 28-30 Maart deelgeneem.
Al die swemmers het hul tye verbeter en die volgende prestasies behaal:
Dregan Brink – twee eerste plekke; MW Supra – vier tweede plekke asook ‘n derde plek; Xander Pretorius – drie derde plekke; Matthew Greyling – twee eerste plekke en drie derde plekke;
Alouise Supra het ‘n eerste en twee tweede plekke; Mienke Kemp het ‘n tweede plek en twee derde plekke;
Kens-Linn Oelofse het twee eerste plekke, twee tweede plekke en ‘n derde plek;
Hay-Din Oelofse het drie eerste plekke, een tweede plek en ‘n derde plek.
Dregan, MW, Xander en Matthew het in die seuns o19 Medley Aflos ‘n tweede plek behaal.






