Local newsNews

Duisende trek vandag weer saam vir Vredefort Kruistog

Die Kruistog word gestap vanaf Vredefort se sportgronde en sal weer om 13:00 by die dorp se sportgronde eindig.

Duisende mense sal op Goeie Vrydag, 18 April, weer in die Vrystaatse dorp Vredefort saamtrek wanneer dié dorp sy hart en sy strate oopmaak om vir mense die Paasboodskap in meer as woorde te gee. Vir die unieke Via Dolorosa-ervaring wat vanjaar vir die vierde keer hier in die hart van die Vredefort Koepel aangebied word, stap mense met kruise die 3km sirkelroete deur die dorp se strate met verskeie stasies langs die roete wat die lewe en gelykenisse van Jesus uitbeeld.

Program:

Die Kruistog voorprogram begin Vrydag om 10:30 by Vredefort se sportgronde met sang gelei deur Lizette Combrink. Na die opening deur Juan Greeff, is daar nog geleentheid vir lofprysing en aanbidding saam met Andries d’Alebout en Richann Brüssow. Nagmaal word om 11:40 gebruik waarna die kruis-formasie op die rugbyveld gevorm word.

Die Kruistog vertrek om 12:00 vanaf die sportgronde, en eindig weer by die sportgronde om 13:00 vir die afsluiting en saam kuier.

Onthou dat kosstalletjies van 09:00 die oggend op die sportgronde beskikbaar is.

Geen toegang word by die Kruistog gevra nie, en almal is welkom. Elke persoon sal ‘n nagmaalpakkie ontvang en ‘n gratis Kruistog-sleutelhouer.

Trek gemaklike klere en skoene aan. Daar is wel voertuie wat sal help met vervoer vir diegene wat nie die roete kan stap nie.

Onthou jou hoed, sonskerm en sambreel, en ‘n paar rand vir die kos- en koeldrankstalletjies. Jy kan ook jou eie kruis in enige grootte bring vir Die Kruistog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button