Nie eens die eendeweer stuit ruiters by provinsiale uitdun
Geluk aan die ruiters met die prestasies wat behaal is.

Nie eens swaar reën het verlede naweek die ruiteraksie by die AfriDome gedemp waar die eerste en tweede kwalifiserende uitdunne van die Vrystaat Western Mounting Games in die onderdak arena gehou is.
Dié dissipline is bekend vir sy vinnige aksie en akkuraatheid van ruiter en perd wat getoets word.
Met elke kwalifiserende uitdun neem ruiters aan vyf verskillende items deel, en is dit nie net spoed wat getoets word nie, maar ook die perd se draaivermoë, die ruiter se vermoë om die perd te beheer, en die perd se gewilligheid om flink te reageer op wat die ruiter verwag. Die items wat by Western
Mounted Games in Suid-Afrika gery word, is soortgelyk aan items by Amerikaanse Gymkana.
By die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe word gewoonlik 12 van die 13 items gekies waaraan oor ‘n tydperk van drie dae deelgeneem word.
Suksesvolle deelname by die Western Mounted Games hang grotendeels af van die perd/ruiter-kombinasie. Ruiters van die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en selfs KwaZulu-Natal is verlede naweek in Parys in aksie gesien.



Onder die 95 inskrywings was ook drie Parysenaars – Ninette Jansen van Rensburg met Flika en Jessie (S0 en S1), Keally Hugo met Country Girl (Jo) en Whittey Phirri met Prince (S1). Al drie ry vir Joy of Life.
Die Parysenaars se uitslae vir Saterdag het so gelyk:
Keally: Figure 8 Flags (2de), Bi ranger (2de), Hurry Scurry (2de), Quadrangle (3de), Single Stake (2de en
reserwe kampioen).
Ninette met Flika: Figure 8 Flags (1ste), Bi rangel (1ste), Hurry Scurry (4de), Quadrangle (2de), Single stake (1ste) en reserwe-kampioen.

Ninette met Jessie: Figure 8 Flags (3de), Bi rangle (4de), Hurry Scurry (3de), Quadrangle (3de) en Single stake (1ste).
Whittey – Figure 8 Flags (4de), Bi rangel (1ste), Hurry Scurry (4de), Quadrangle (1ste), Single stake (2de en reserwe-kampioen).
Sondag:
Keally: Big T (3de), Figure 8 Stake (1ste), Keyhole (4de), Poles 1 (2de), Speed ball (1ste en reserwe kampioen).
Ninette met Flika: Big T (2de), Figure 8 Stake (1ste), Keyhole (2de), Poles 1 (2de), Speedball (2de en reserwe kampioen).
Ninette met Jessie: Big T (4de), Figure 8 Stake (5de), Keyhole (4de), Poles 1 (5de) en Speedball (5de).
Whittey: Big T (2de), Figure 8 Stake (4de), Keyhole



