Local newsNews
Minstens 15 babas vir VS-provinsie op Goeie Vrydag
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het die ouers van die babas gelukgewens.
Teen 08:00 vanoggend het 15 babas reeds op Goeie Vrydag hul opwagting in die Vrystaat provinsie gemaak, met die eerste baba wat om 01:15 in die Nala-hospitaal gebore is vir die 41-jarige Annah Mohohlo van Bothaville. Mohohlo se babaseuntjie het 2,9kg geweeg.
Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat, is van die ander babas in onder meer die Dihlabeng Streekhospitaal en Pelenomi-hospitale gebore.

Foto: Baba Mohohlo wat in die Nala-hospitaal in Bothaville gebore is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



