Local newsNews

Groot agterstand met bestuursrybewyskaarte

Daar is chaos met die druk van rybewyskaarte met ‘n enorme agterstand wat uitgewis moet word. Dit as gevolg van die masjien wat die kaarte moet druk wat blykaar weer onklaar is. Dit beteken groot vertragings met die uitreik van kaarte wat hernu moet word. In 2022 was daar ‘n soortgelyke probleem en is die …

Daar is chaos met die druk van rybewyskaarte met ‘n enorme agterstand wat uitgewis moet word. Dit as gevolg van die masjien wat die kaarte moet druk wat blykaar weer onklaar is. Dit beteken groot vertragings met die uitreik van kaarte wat hernu moet word.

In 2022 was daar ‘n soortgelyke probleem en is die masjien tans die enigste in die land wat die kaarte kan druk. Dit wil voorkom of die probleem met die masjien al van Januarie af kom.

Volgens die Nasionale Padverkeerswet is jou rybewyskaart geldig vir drie maande nadat dit verval het sou jy aansoek gedoen het vir ‘n nuwe kaart voor die vervaldatum. As jy dan nie binne die drie maande ‘n nuwe kaart het nie, sal jy vir n tydelike rybewys aansoek moet doen wat vir ses maande geldig is tot n nuwe kaart uitgereik is.

  • Intussen is ook verneem dat die Vredefort lisensiekantoor operasioneel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button