Local newsNews

R15 000 op die spel vir logo vir organisasie vir fotograwe

   Die internasionaal-erkende organisasie wat fotograwe in Suid-Afrika verteenwoordig, Photographic Society of South Africa (PSSA), doen ‘n beroep op ontwerpers om ‘n nuwe innoverende en kreatiewe logo te skep. PSSA hoop dat die nuwe embleem die organisasie se prestasies oor die afgelope 70 jaar, asook die kameraadskap en genotvolle leergeleenthede wat huidige lede geniet, sal …

 

 Die internasionaal-erkende organisasie wat fotograwe in Suid-Afrika verteenwoordig, Photographic Society of South Africa (PSSA), doen ‘n beroep op ontwerpers om ‘n nuwe innoverende en kreatiewe logo te skep.

PSSA hoop dat die nuwe embleem die organisasie se prestasies oor die afgelope 70 jaar, asook die kameraadskap en genotvolle leergeleenthede wat huidige lede geniet, sal uitbeeld.

Die sluitingsdatum is einde Augustus, wat ook Wêreld Fotografiemaand is, omdat die patent vir Daguerreotype, die voorganger van modern fotografie, in Augustus 1839 aan alle fotograwe beskikbaar gestel is.

Die huidige logo (hieronder) is 70 jaar gelede ontwerp.

So lyk die huidige logo wat 70 jaar gelede ontwerp is.

Daar is R15 000 op die spel vir die ontwerper van die wen-embleem. Die kompetisie is oop vir alle belangstellendes, of hulle opgeleide ontwerpers is, of nie. PSSA stel nie belang in die ontwerper se kwalifikasies nie, slegs dat die wen-logo dadelik herkenbaar moet wees as verteenwoordigend van ‘n fotografiese organisasie wat aan Suid-Afrikaanse fotograwe ‘n tuiste bied waar almal kan saamwerk om fotografie en fotograwe se belange te bevorder.

Lesers word genooi om PSSA se webtuiste (www.pssa.co.za) te besoek, veral die blad [https://pssa.co.za/pssa-logo-competition/ ] wat inligting oor die kompetisie verskaf.

Let daarop dat daar gevra word vir ‘n nuwe logo wat met die eerste oogopslag sal uitbeeld dat PSSA ‘n fotografiese organisasie, met ‘n ryk geskiedenis en bepaalde waardes, is.

Meer oor PSSA

  • PSSA is in 1954 gestig omdat geglo is dat een verteenwoordigende liggaam Suid-Afrikaanse fotograwe se belange en hoër fotografiese standaarde beter kan bevorder as klubs wat individueel werk. Die stigters het geglo aan die beginsel “Saam is ons sterker” (lees meer hier https://pssa.co.za/pssa-70th-anniversary/).
  • Gedurende die afgelope 70 jaar is PSSA deur al die belangrike internasionale fotografiese organisasies erken  en van die PSSA direkteure is met ere-toekennings beloon vir hul bydraes tot die bevordering van fotografie wêreldwyd. Van PSSA se lede het internasionale erkenning vir hul werk gekry en PSSA het 9-jaar agtereenvolgend ‘n prominente internasionale kompetisie gewen.
  • Die PSSA jeug-afdeling is besonder aktief en skoliere so jonk as 7 jaar oud ontvang gereeld medaljes en aanvaardings in internasionale en plaaslike kompetisies.
  • Die meer as 1 000 lede word voortdurend op hoogte gehou van die jongste fotografiese tegnieke en genres. Tydens jaarlikse kongresse en maandelikse opleiding by geaffilieerde klubs kan hulle van die voorste kenners leer.
  • Lede word ook uitgedaag om hul fotografie tot nuwe hoogtes te neem deur panele in te dien vir ere-toekennings en deel te neem aan die strafste kompetisie in Afrika vir die Impala Trofee. Dit word jaarliks toegeken aan die salon-deelnemer wat die hoogste punte in 24 salonne per jaar behaal.
  • Die 116 geaffilieerde klubs geniet die beskikbaarheid van gekwalifiseerde beoordelaars vir hul klub-kompetisies wat deur PSSA tydens ‘n jaar-lange kursus opgelei is.

Die reëls en inskrywingsvorm vir die kompetisie is beskikbaar hier [https://pssa.co.za/pssa-logo-competition/ ]. Die sluitingsdatum is 31 Augustus en die skeppers van ontwerpe wat deurdring na die tweede rondte sal daarna in kennis gestel word.

 Verdere navrae:

PSSA Bemarkings-direkteur Nicol du Toit

nicol@sportstrader.co.za of selnommer 082 377 8285.

Of PSSA 1ste Vise-President Geoff Feldon

thefeldons@mweb.co.za of selnommer 082 464 3221

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button