Kersligvlamme brand vir hulle met kanker
Dankie aan elkeen wat die mooi inisiatief ondersteun het.

Wees daar vir mekaar, Ondersteun mekaar, Kyk na mekaar.
Dit was die boodskap van Sandra Uys, president van Rotary Parys, Vrydagaand toe sowat 200 mense op die Parys Golf & Country Estate hul kersliggies laat brand het vir hulle wat die stryd teen kanker stry, maar ook hulle wat kanker oorwin het, of die stryd teen die siekte verloor het. Dit sluit ook familie en vriende in wat deur die siekte geraak is.







Die mooi inisiatief van Rotary Parys is wyd ondersteun en is gebore uit die gedagte om iets daadwerklik te doen om uit te reik, maar ook as simbool van hoop – wat sigbaar was in die flitsende liggies wat die aand gesien is op die staproete op die gholflandgoed.









