Local newsNews

Polisie en gemeenskap vat hande teen misdaad

Die publiek kan 'n waardevolle bydrae lewer om die oë en die ore van die polisie te wees.

Die gemeenskap en die polisie het Vrydagaand weer hande gevat vir ‘n baie suksesvolle wit lig/blou patrollie wat in die dorp gehou is. Sowat 25 vrywilligers,  sekuriteitsmaatskappye, GPF en SAPD-lede was deel van die patrollie.

Buurtwagpatrollies het in die verlede al keer op keer bewys baie suksesvol te wees met verhoogde sigbaarheid. Hoe meer oë en ore op die straat, hoe beter.

A.o Jan le Roux het voor die aanvang van die patrollie terugvoer gegee oor misdaadtendense wat tans in die dorp gesien word, en blyk huisbrake steeds ‘n probleem te wees.

Wit lig/blou lig patrollies word maandeliks in Parys gehou danksy die samewerking van die SAPD en die Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF).

Ondersteun die aksie en maak ‘n verskil in jou gemeenskap om misdaad vas te vat. Datums word voor elke patrollie in die Gazette en op sosiale media platforms en WhatsApp-groepe deurgegee.

Gemeenskapslede wat saam met sekuriteitsmaatskappye, GPF en SAPD lede deelgeneem het aan die Wit lig/Blou llig patrolllie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button