Local newsNews

Kom maak jou tuis in Ouma se Huis

Met Internasionale Museumdag wat Sondag 18 Mei gevier word is Ouma se Huis hierdie Sondag oop van 08:00 tot 12:00.

Onthou jy die reuk van varsgebakte brood wat trek uit die hortjies van die koolstoof? Die smaak van plaasbotter, en ‘n koppie Boeretroos. Die bekendheid van Oupa se pyptwak.

Dit is dié herinneringe van toeka-tye wat hier in Ouma se Huis op die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys leef in dié erfstukke van jare se versamel en bymekaarmaak. ‘n Plaasmuseum  waar jy kosbare onthou herleef, aangevul met meubels van die voormalige eerste minister JG Strijdom se huis in Modimolle (Nylstroom), wat ook aan die projek geskenk is.

Dalk het die woord museum jou nog altyd laat dink aan stowwerige, toegemaakte, ontoeganklike geboue. Maar nie dié museum nie.  Ouma se Huis sal jou aangenaam verras.

As  sieraad van die FAK Kultuurnetwerke in die sentrale streek, neem Ouma se Huis oud en jonk op ‘n unieke reis na gister en is dit ‘n ideale gesinsuitstappie.

Met Internasionale Museumdag wat Sondag 18 Mei gevier word is Ouma se Huis hierdie Sondag oop van 08:00 tot 12:00.

Kom loer in!

 

Die storie van Ouma se Huis:
Die ou plaashuis van Henning Klopper is deur die FAK in samewerking met die Erfenisstigting en verskeie belanghebbendes opgeknap en omskep in ‘n eg-Afrikaanse tuiste waar eeue oue tradisies beleef en herleef kan word.
Dit is moontlik gemaak danksy die hulp van Gys en Kobie Stroh van die FAK se Vaal-Kultuurnetwerk. Dit is juis die Ströh-egpaar se besondere liefde vir oudhede wat hierdie projek vir net meer as ‘n jaar gedryf het om uiteindelik die museum te kon open.

Die Modimolle-Mookhophong plaaslike munisipaliteit in Limpopo het die meubels aan die FAK beskikbaar gestel volgens ‘n bruikleen-ooreenkoms. Daarmee saam is ook verskeie interessanthede uit die Strijdom-huis hier te sien waaronder die regsboeke van adv. Strijdom, sy besondere bottelversameling, sy oorspronklike staatstelefoon, tikmasjien en die doodskis wat hy laat maak het en toe nooit self in kon pas nie.

Skakel Jan-Danie Malan as jy navrae het by 082 965 7002.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button