Local newsNews

Drie nog op vrye voet na gewapende roof op plaas

Die plaaswerker is nie beseer nie maar moes vir skok behandel word.

Die polisie soek steeds na die drie verdagtes wat gisteraand betrokke was by ‘n gewapende roof en motordiefstal op ’n plaas in die Smithfield-distrik.

Polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle sê die mans het tussen 20:30 en 23:40 toegang tot die plaas verkry deur ’n draadheining naby die hek wat gesluit was, te knip. Die verdagtes is toe na die huis van ’n 53-jarige plaaswerker. Hulle het toegang tot die huis gekry en die voertuigsleutels van die plaaswerker ge-eis.

Die verdagtes is weg met ‘n wit Toyota Hilux, registrasienommer DSB 071 FS en huishoudelike ware wat tydens die gewapende roof buitgemaak is.

Die slagoffer het geen sigbare beserings opgedoen nie, maar is na ’n mediese fasiliteit geneem vir behandeling vir skok, het Earle gesê.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek, is gevra om kolonel Ben Bolsiek van die Provinsiale Eenheid vir Ernstige en Gewelddadige Misdaad te kontak by 082 466 8530, of Crime Stop te bel by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook op die MySAPS-toep deurgegee word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button