Local newsNews

Fondsinsameling begin vir gesin na ongeluk waarin geliefde onderwyser sterf

Beide Megan en die egpaar se dogtertjie, Hannah-Grace is in die ongeluk beseer.

‘n Back a Buddy fondsinsameling is vir ‘n onderwyseres van die laerskool Losberg, Megan Hefer, en haar dogtertjie Hannah-Grace begin ná die tragiese motorongeluk waarin die gesin Vrydag was. Megan se man, Ryno, wat as onderwyser en rugby-organiseerder aan die Hoërskool Fochville verbonde is, is in die ongeluk oorlede, terwyl Megan en klein Hannah-Grace beseer is.

Hoërskool Fochville het die tragiese nuus van Ryno se dood Saterdag op die skool se Facebook-blad gedeel. Hefer was vir 15 jaar aan die skool verbonde en besonder geliefd. Met sy toewyding, passie en opregte omgee het hy nie net die sport nie, maar ook mense se lewens aangeraak, het die skool in sy huldeblyk geskryf.

Die gesin was onderweg terug van vakansie toe die ongeluk gebeur het. Megan is in die Ermelo-hospitaal behandel terwyl Hannah-Grace met ernstige beserings per noodhelikopter na ‘n Johannesburgse hospitaal vervoer moes word.

“In hierdie ongelooflike moeilike tyd staan die familie voor groot mediese en verwante uitgawes. As vriende het ons ‘n Back a Buddy-veldtog begin vir elkeen wat graag prakties wil help om hierdie kostes te help dek,” is geskryf op die Back a Buddy-blad.

Henry Hefer, sy vrou Megan, en hul dogtertjie Hannah-Grace. Henry is in die motorongeluk oorlede en beide Megan en Hannah-Grace beseer.
Henry Hefer, sy vrou Megan, en hul dogtertjie Hannah-Grace. Henry is in die motorongeluk oorlede en beide Megan en Hannah-Grace beseer.

Mense wat Megan en Hannah-Grace ook op hierdie manier wil bystaan, kan die skakel na die Back a Buddy blad volg by:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/hefer-familie-fonds?fbclid=IwdGRzaAPKRVNjbGNrA8pFTWV4dG4DYWVtAjExAHNydGMGYXBwX2lkDDM1MDY4NTUzMTcyOAABHiN3Q9PGoZZJZUVf9qgrTUjsEEJHHVBA1RX8uK3GuiK1sOk1-vYRKi1-CHif_aem_DMaF-KWxPzquuDZcUOlPHw

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button