Local newsNews
Parys Info & Tourism se webtuiste kry nuwe baadjie
Die opknapping van die webtuiste maak ook voorsiening vir 'n gedeelte oor Parys en sy geskiedenis met die dorp wat vanjaar sy 150ste bestaansjaar vier.

Parys Info en Tourism is in die proses om hulle webtuiste op te gradeer.
Van die nuwe toevoegings wat vir die webtuiste beplan word is ‘n gedeelte oor Parys en sy geskiedenis, die Vredefort Koepel, ‘n kalender wat alle gebeure, markte, feeste ensovoorts in Parys sal insluit, en ‘n afdeling waar besighede gelys kan word.
Die doel van die vernuwing van die webtuiste is om toerisme te bevorder en om ‘n meer inklusiewe lys van besighede in die gemeenskap te bied.
Stuur ‘n epos na info@parysinfoandtourism co.za vir meer inligting en pakkette beskikbaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



