Local newsNews

Chubby Chick skietvoorval: Beskuldigde verskyn self voor die hof

Joubert moet weer op 25 Februarie voor die hof verskyn.

Die 73-jarige Robert Joubert het vandag, Vrydag 30 Januarie, vir die eerste keer in persoon in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op klagtes van moord na die dood van die broers Deon (55) en Johnathan (52) Fourie, direkteure van die Chubby Chick hoenderonderneming in Potchefstroom.

Hy sal weer op 25 Februarie in die streekhof in Potchefstroom verskyn en  bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

Juobert wat ook tydens die opspraakwekkende skietvoorval in beide arms gewond is, is sedert die voorval in die Potchefstroomse provinsiale hospitaal behandel, maar is vandeesweek ontslaan en sal nou as buitepasiënte verder behandel word.  Vorige hofsittings in die saak het in absentia voortgegaan terwyl hy toe nog in die hospitaal was.

Deon Fourie het op 14  Desember aan sy wonde beswyk, net meer as ‘n maand na die skietvoorval in die onderneming se raadsaal waartydens Deon ernstig beseer, en sy broer, Johnathan, noodlottig gewond is.

Deon was sedert die skietvoorval op 10 November in ‘n Johannesburgse hospitaal waar hy verskeie operasies ondergaan het.

Joubert is  in beide arms gewond toe sekuriteitspersoneel gereageer het op die skietvoorval in die raadsaal.

Chubby Chick het vroeër in ‘n verklaring benadruk dat Joubert geen verbintenis met Chubby Chick het nie, en nie ‘n werknemer, oud-werknemer of kontrakteur was nie.

Volgens die verklaring is ’n vergadering tussen die broers en die beskuldigde gehou, en het Joubert aanvanklik die gebou verlaat, maar sowat ‘n halfuur later teruggekeer waarna die skietvoorval plaasgevind het. Op daardie stadium was Deon steeds in die raadsaal en is hy verskeie kere geskiet. Hy het om hulp geroep, waarna Johnathan onmiddellik gereageer het, en toe ook verskeie kere geskiet is.

Joubert word benewens die klagtes van moord ook aangekla van twee klagtes van poging tot moord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button