Local newsNews

Tree vir tree om te help met Bybels

Die pretloop en jaffelbak ten bate van die Bybelgenootskap is die afgelope 24 jaar al deel van die NG gemeente Parys-Oos.

Vir die afgelope 24 jaar is hierdie ‘n bekende gesig wat jy in Parys sal sien wanneer die NG gemeente Parys-Oos sy jaarlikse stofie-draf agter die jaffelpanne afsluit met die gebruiklike pretstap.

Dit alles ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, want elke jaffel wat verkoop word, en elke tree wat geloop word met die projek help om ‘n Bybel bekostigbaar in die handel beskikbaar te kan stel.

Na jare is die Bybel steeds een van die mees geleesde boeke.

Vroegoggend het eers die fietsryers weggespring, en daarna die stappers. ‘n Vinnige vroegoggend stappie om ‘n verskil te kon maak, tesame met die 7 045 jaffels wat die gemeente vanjaar gebak het met die hulp van sowat 70 vrywilligers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button