Local newsNews
Pa lewenslank gevonnis vir verkragting van dogter
Daar is vir twee jaar na die man gesoek voordat hy uiteindelik danksy die werk van 'n toegewyde ondersoekbeampte opgespoor en gearresteer is.
‘n 45-Jarige man Donderdag in die streekhof in Parys ‘n lewenslange vonnis opgelê vir die verkragting van sy 13-jarige dogter.
Die dogter wat by haar pa in Vredefort gebly het in 2021, het aan haar in Inanda, KwaZulu Natal, vertel dat sy herhaaldelik verkrag is, waarop klagte van verkragting aanvanklik eers in Inanda gerapporteer is, en toe oorgeplaas is na die polisie se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en seksuele oortredings in Tumahole.
Speur-sersant Fongoga het geen steen onaangeraak gelaat om die pa op te spoor na wie daar sedert 2021 gesoek is. Hy is in 2023 opgesporr en gearresteer.
Hy was sedertdien in aanhouding tot en met die afhandeling van die verhoor waartydens hy benewens die lewenslange vonnis, ook onbevoeg verklaar is om ‘n vuurwapen te besit, het polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



