Local newsNews

Duikers se soektog na man wat vermoedelik in Vaalrivier verdrink steeds tevergeefs

Polisieduikers tesame met die K9 Soek-en-Reddingseenheid van Sasolburg het vanoggend die soektog voortgesit na ‘n man wat gister na vermoede in die Vaalrivier by die hangbrug in Parys verdrink het. Teen laat vanmiddag is die man steeds nie gekry nie.

Mense wat Saterdag saam met die man by die rivier was het rondom 13:00 die hulp van die polisie ontbied nadat vermoed is dat hy moontlik in die water in is en nie weer daarna gesien is nie.

Gister se gebeure volg nadat daar in November 2025 drie mense by die hangbrug verdrink het tydens ‘n doopseremonie. Stroomversnellings by die hangbrug maak die rivier juis hier baie onvoorspelbaar.

Adjudant-offisier Hollie Holtzhausen van die Sasolburgse K9 Soek-en-reddingseenheid waar daar vanmiddag in die Vaalrivier by die hanbrug in Parys gesoek is.
Adjudant-offisier Hollie Holtzhausen van die Sasolburgse K9 Soek-en-reddingseenheid waar daar Saterdag in die Vaalrivier by die hanbrug in Parys gesoek is na die man..
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button