Local newsNews

Hondevergiftiging: Wees waaksaam

Die beste raad is om die dier onmiddellik by jou naaste veearts te kry sou jy vermoed die dier het gif ingekry.

Twee gevalle van hondevergiftiging is in Vredefort se dorpsgebied aangemeld.

Hondevergiftiging hou dikwels verband met misdaad.

Ongelukkig is die uitkoms van gevalle van hondevergiftiging dikwels nie goed nie.

Gaan deur jou erf en maak seker daar lê nie vleis of ander voorwerpe wat verdag is nie. Hou jou troeteldiere waar moontlik by jou. Sou van jou troeteldiere gif inkry, neem dadelik al jou ander troeteldiere in die huis in om te voorkom dat hulle ook moontlik van die gif inkry wat dalk nog in die erf kan lê. Monitor hulle vir enige simptome.

Simptome van vergiftiging wissel na gelang van watter gifstof ‘n dier sou inkry, maar kan simptome insluit diarree, braking, skielike swakheid, of selfs rukkings.

Foto slegs ter illustrasie

Die beste raad is om die dier onmiddellik by jou naaste veearts te kry sou jy vermoed die dier het gif ingekry.

Jy kan geaktiveerde steenkool wat by apteke beskikbaar is as voorsorgmaatreël in geval van nood vir jou troeteldiere in die huis hou.

Die geaktiveerde steenkool help om die gif te absorbeer, en dan uit te skei. Dit help ook om opname van die gif in die dier se lyf te verminder, maar dit is steeds belangrik om dadelik professionele hulp te kry.

Hou dié kontaknommers byderhand:
Parys Dierehospitaal – Tel. (056) 811 2114

Parys Dierekliniek – (056) 811 3313

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button