Local newsNews

Daar’s niks soos basaar-pannekoek

Reënweer en 'n kerkbasaar was nog altyd 'n wenkombinasie vir pannekoek

Met reën wat vroegoggend sag oor Parys geval het, was dit die ene bedrywigheid in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Suid.

Hier is geloop, gekoop en geëet want ‘n kerkbasaar in die platteland kan jy nou eenmaal nie mis nie. Van basaarpoeding tot kerrie-en-rys en ‘n lekker poeding mix kry jy hier, en tussendeur die kuier want dis mos eintlik waaroor basaar gaan. En as die koffie boonop op die huis is, dan bly jy sommer langer.

'n Man wat sy draai ken agter die pannekoektafel. Foto: Liezl Scheepers
Eers versigtig losmaak aan die kante en dan moet jy laat waai met die draai. ‘n Man wat sy draai ken agter die pannekoektafel.
Foto’s: Liezl Scheepers

Maar vra dié wat weet – as dit basaar is, slaap jy nie laat nie, want die lekkernye verkoop vinniger as wat pannekoek deur die lug kan vlieg in die omdraaislag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button