Local newsNews

Wees bedag op dié padwerke op R59

Wees bedag daarop dat 'n gedeelte van die teervlak van die alternatiewe roete ook erg beskadig is. Ry asseblief stadig hier.

Motoriste word gewaarsku om bedag te wees daarop dat ‘n gedeelte van die R59 tussen Parys en Vredefort tans gesluit is met ‘n kontrakteur wat aangestel is om die slaggate op dié gedeelte van die pad te herstel.

Waar die kontrakteur werk is die pad gesluit en moet motoriste die alternatiewe roete volg. Foto: Hilke Scheepers.
Waar die kontrakteur werk is die pad gesluit en moet motoriste die alternatiewe roete volg. Foto: Hilke Scheepers.
Daar word tans gewerk aan die gedeelte van die R59 tussen Parys en Vredefort en word verkeer herlei via die Schoemansdriftpad. Foto: Hilke Scheepers.
Daar word tans gewerk aan die gedeelte van die R59 tussen Parys en Vredefort en word verkeer herlei via die Schoemansdriftpad. Foto: Hilke Scheepers.

Verkeer word via die Schoemansdriftpad na Vredefort herlei. Wees egter waaksaam – daar is ‘n gedeelte van die Schoemansdrift-pad wat baie sleg is. Ry stadig en versigtig.

Die R59 tussen Parys en Vredefort is tydelik gesluit weens padwerke en word verkeer op die Schoemansdriftpad herlei maar wees bedag op 'n gedeelte van dié pad wat ernstig beskadig is. Foto: Save Ngwathe.
Verkeer word op die Schoemansdriftpad herlei maar wees bedag op ‘n gedeelte van dié pad wat ernstig beskadig is. Foto: Save Ngwathe.

Wees ook bedag daarop dat spanne van die departement van paaie deurentyd ook besig is met herstelwerk van slaggate op die R59 tussen Parys en Sasolburg, die R59 tussen Vredefort en Viljoenskroon, en op die R59 duskant Vredefort in die rigting van Kroonsta.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button