Local newsNews

Hierdie Evas wys hul kreatiewe kant met epoksie-kuns

Doen jouself ‘n guns en sluit aan by dié gesellige groep. Vroeër vanjaar is mosaïekkuns reeds bemeester. Almal is welkom – oud of jonk, kunstig of nie – daar is plek vir jou by dié Evas.

Wat aanvanklik as ‘n lighartige gesprek oor ‘n koppie koffie na kerk begin het, het gelei tot ‘n gesellige
maandelikse samekoms van vroue in die NG Suid Kerksaal in Delverstraat. Gepas genoem – Die Evas.

Dié breinkind van Susan Brits, en hulle wat saam met haar die leiding neem, is ‘n poging om vroue van alle ouderdomme bymekaar te kry om vaardighede aan te leer, geïnspireer deur die Bybelse beginsel dat ouer vroue die jongeres moet leer. Dit het egter gou geblyk dat dit ‘n oor-en-weer leerdery sou wees, soos wat onlangs gesien is toe daar kreatiewe epoksie skeppings gemaak is onder Susan se leiding.

Die Evas met hul onlnagse Epoksie-klas. Foto Verskaf
Die Evas met hul onlangse Epoksie-klas. Foto Verskaf


Om die besige skedules van vroue tegemoet te kom, is die heerlike saamkuierbederf en kreatief wees net tot 12:00 op die Saterdae wanneer daar bymekaar gekom word. Betyds om nog die res van die Saterdag tuis te geniet.

Elke saamkuier word afgesluit met tee, koffie en `n versnapering wat onderling tussen die vroue gereël word.

Om elke vrou die geleentheid te gee om deel te wees van die Evas, is bywoning van die Eva-oggende gratis. Benodigdhede vir wat gemaak word, word sover moontlik voorsien, en word daar met elke saamwees nuwe vaardighede geleer.

Jy kan ‘n WhatsApp stuur na Susan by 061 091 4609 om ingesluit te word by die Whatsapp-groep waar die program en datums vir die Eva-oggende deurgegee word.

Datums vir die jaar se saamkuiers is:

  • 18 April
  • 16 Mei
  • 20 Junie
  • 11 Julie
  • 15 Augustus
  • 19 September
  • 17 Oktober
  • 7 November

Van die interessante projekte wat vanjaar met die Evas se skep-en-stil-oggende gemaak sal word wanneer vrouehande kreatief raak en harte kan rus, is versierende Kersfeeskoekies en mooi strikkies, garingkuns, ‘n liggie met ‘n storie waar vroue hul eie lamp sal maak, verfkuns sonder kwas, die maak van ‘n sensoriese kombers en ‘n feesmaal en pretdag wat wag.

Van die epoksie kunswerke wat gemaak is. Foto Verskaf
Van die epoksie kunswerke wat gemaak is. Foto Verskaf

Elke klas word deur iemand anders aangebied om bymekaar op die manier vaardighede te leer. Naas geestelike padkos, word ook handige en praktiese wenke oor allerlei onderwerpe by elke klas gegee, soos hoe om ‘n muurprop te bedraad, of wat om te doen wanneer ‘n spinnekop jou byt, en meer.

Die kuns van Mosaïekwerk is ook onlangs bemester. Foto: Verskaf
Die kuns van Mosaïekwerk is ook onlangs bemeester. en is die laaste afronding van die artikels wat met die vorige Eva-klas gemaak is, ook afgehandel tydens die Epoksie kunskuier. Foto: Verskaf


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button