Local newsNews

Net drie dae oor om te nomineer

Onthou nominasies sluit 4 Mei.

Daar is nog net drie dae oor om die besigheid van jou keuse te nomineer vir vanjaar se Best of Parys-toekennings. Daardie besigheid wat uitstaan as dit kom by kliëntediens en tevredenheid, en waar geen moeite ooit te veel gevra is nie.

MooiVaal Media, eienaar van Parys Gazette, gee vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgens, lesers die geleentheid om deel te neem aan hierdie projek om erkenning te gee aan uitblinker-sakelui in Parys.


Jy kan ondernemings in Parys wat vir jou uitstaan as dit kom by diensuitnemendheid aanlyn nomineer by die volgende skakel – https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-best-of-parys/


Moenie wag nie – onthou nominasies sluit 4 Mei.

Slegs aanlyn nominasies word aanvaar omdat die kompetisie in digitale formaat aangebied word. Jy kan besighede in verskeie kategorieë nomineer.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button