Local newsNews

Polisie slaan toe op multi-miljoen dwelmvervaardigingslaboratorium

Die ondersoek na die inhegtenisname van die 11 verdagtes duur voort.

Elf mense onder wie vier Mexikaanse burgers en ‘n vrou, is in hegtenis geneem nadat die polisie vandag op ‘n multi-miljoen rand dwelmvervaardigingslaboratorium op ‘n plaas in Swartruggens toegeslaan het.

Die intelligensiegedrewe operasie is uitgevoer deur die Nasionale Hoofkantoor se Misdaadintelligensie, die Nasionale Hoofkantoor se Ondersoeke na Georganiseerde Misdaad en ’n nasionale span van die DPCI.

Van die goedere wat op die plaas gekry is. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste
Van die goedere wat op die plaas gekry is. Foto’s verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste

Dit volg nadat die polisie net verlede week alleen 280 verdagtes vir dwelmhandel gearresteer het, en nog 2 573 verdagtes vir die besit van dwelms tydens operasies wat regoor die land uitgevoer is, het brigadier Athlenda Mathe gesê.

Die Waarnemende Nasionale Kommissaris van die polisie, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het polisielede geloof vir hul volgehoue toewyding om georganiseerde misdaadsindikate wat betrokke is by die vervaardiging en verspreiding van dwelms, te ontmasker.

Elf verdagtes onder wie 'n vrou is deur die polisie in hegtenis geneem. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste
Elf verdagtes onder wie ‘n vrou is deur die polisie in hegtenis geneem. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste

Sy sê die jongste dwelmvonds moet ’n streng waarskuwing aan misdadigers stuur dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens vasberade en meedoënloos bly in die stryd teen misdaad.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button