Local newsNews

VS het tweede hoogste werkloosheidsyfer in die land

'n Groot aantal werksverliese is onder meer in die konstruksiebedryf aangeteken.

Die Vrystaat se werkloosheidsyfer van 37,8% is die tweede hoogste in Suid-Afrika ná die Oos-Kaap. Dit is volgens die Kwartaalikse Arbeidsmagopname (QLFS) vir die eerste kwartaal van 2026 wat vandag deur Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) bekend gemaak is.

Die jongste statistiek toon dat minstens 11 000 meer mense slegs in die eerste kwartaal van vanjaar by die syfer gevoeg is.

In ’n tyd waarin lewenskoste steeds skerp styg, tesame met toenemende brandstofprysverhogings oor die afgelope twee maande, sal die las die swaarste deur die werklose bevolking gevoel word.

As die land se sentrale provinsie behoort die Vrystaat egter ’n ekonomiese spilpunt te wees met ’n florerende ekonomie en volop werksgeleenthede, meen die DA.

In plaas daarvan gaan die provinsiale regering voort om kritieke ekonomiese bates soos paaie, grootmaatdiensinfrastruktuur en ontspanningsfasiliteite, insluitend wildreservate en museums, te verwaarloos — alles met die potensiaal om beleggings te lok, toerisme te stimuleer en volhoubare werksgeleenthede te skep, het die DA in reaksie op die bekendmaking van die statistiek gesê.

Die party sê verder die skerp afname in die konstruksiesektor, wat ongeveer 18 000 werksverliese aangeteken het, is verdere bewys dat die regering versuim om betekenisvol in infrastruktuurontwikkeling te belê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button