Local newsNews

Man se liggaam in Vaaldam gekry

Die identiteit van die oorledene kon nog nie vasgestel word nie.

Speurders in Oranjeville het die hulp van die publiek gevra om die familie van ’n onbekende man op te spoor wie se liggaam uit die Vaaldam gehaal is.

Volgens sersant Josephine Rani het die polisie in Oranjeville Maandag, 18 Mei omstreeks 12:10 klagte gekry van ’n liggaam wat in die dam naby die rioolaanleg in Metsimaholo dryf.

Die oorledene was geklee in ’n roomwit bostuk met rooi strepe, geel oorpakbroek, ’n bruin gordel, swart sokkies en swart skoene.

Enigiemand wat die beskrywing van die oorledene herken of inligting het wat kan help om hom te identifiseer, word gevra om speursersant Tshokolo Motloung by 082 301 3004 te kontak, of Crime Stop te skakel by 08600 10111.

Anonieme wenke kan via die MySAPS-toepassing deurgegee word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button