Pa se verdwyning ‘n raaisel
Hugo du Preez is die laaste keer langs die N1 gesien waar hy in die rigting van Johannesburg geloop het.
Daar word steeds gesoek na die 43-jarige Hugo du Preez van Kroonstad wat die laaste keer op 14 Maart gesien is.
Hy het op die N1 met ‘n wit Volkswagen Polo gereis toe die voertuig 22km buite Koppies ‘n padteken getref en sodanig beskadig is dat hy nie verder kon ry nie.
Dit is nie bekend waarheen hy onderweg was nie.
Die voertuig met al sy besittings daarin is dieselfde dag nog gevind, maar daar was geen teken van hom by die voertuig nie.
Die enigste leidraad tot dusver was iemand wat hom oënskynlik langs die N1 in die rigting van Johannesburg sien loop het.

Du Preez het bruin hare en blou oë. Hy het tatoeërmerke op onder meer sy kuit en arms.
‘n Dossier vir ‘n vermiste persoon is deur die familie by die polisie geopen.
Enigeen wat inligting het oor waar Du Preez hom mag bevind of hom gesien het, word gevra om kaptein Lategan te skakel by 082 466 7966, of Sarienne Cilliers by 084 715 3132.



