Local newsNews

Meer as 1 200 in misdaadvoorkomingsoperasies in die VS gearresteer

254 Gesoekte verdagtes is onder meer ook met die operasie opgespoor en in hegtenis geneem, onder meer persone teen wie lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik is.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die afgelope week met Operasie Shanela II in totaal 1 277 verdagtes tydens misdaadbekampingsoperasies regoor die Vrystaat gearresteer.

Die weeklikse intelligensiegedrewe operasie is met behulp van wenke van die publiek en misdaadinligting gelyktydig in al vyf distrikte van die provinsie uitgevoer. Hoë sigbaarheid- en hoë digtheidsoptredes het daartoe gelei dat 36 458 persone deursoek, en 15 880 voertuie ondersoek is.

Speurders het ook 254 gesoekte verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem, onder wie verskeie persone teen wie lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik is.

In samewerking met die Departement van Indiensneming en Arbeid. en Departement Binnelandse Sake het SAPD se FLASH-spanne uitgebreide nakomingsinspeksies ten opsigte van vuurwapens, drank en tweedehandse goedere uitgevoer.

Altesaam 530 persele, waaronder 2 856 plase en 966 gelisensieerde drankverkope persele, is besoek Tydens dié optrede is 134 ongedokumenteerde buitelanders ingevolge die Immigrasiewet in hegtenis geneem.

Met die operasie is oortreders ook vasgetrek vir geweldsmisdaad en geslagsgebaseerde geweld, met die volgende arrestasies:

  • 235 vir aanranding;
  • 235 vir verkragting;
  • 52 vir poging tot moord;
  • 40 vir roof;
  • 13 vir moord;
  • 12 vir poging tot verkragting; en
  • 7 vir die onwettige besit van vuurwapens.

In die stryd teen dwelmverwante misdaad is 10 verdagtes vir dwelmhandel gearresteer, terwyl 77 persone in besit van onwettige dwelms betrap is. Die dwelms waarop beslag gelê is, het ingesluit mandrax, dagga, crystal meth, nyaope, CAT en kokaïen.

Van die belangrikste suksesse gedurende die week was die inhegtenisneming van twee verdagtes deur die Welkom Anti-Bende-eenheid nadat plofstof in hul besit gevind is.

In ‘n afsonderlike voorval is drie mans, onderskeidelik 22, 44 en 56 jaar oud, ná ‘n klopjag op ‘n pakhuis gearresteer waar die polisie 339 bokse vervalste sigarette ontdek het. Die verdagtes staan ook tereg op aanklagte ingevolge die Immigrasiewet.

Gespesialiseerde operasies in die Lejweleputswa-distrik het voortgegaan om onwettige mynboubedrywighede te teiken, met die fokus op die ontwrigting van onwettige mynnetwerke en beslaglegging op goudhoudende materiaal en myntoerusting.

Padblokkades wat saam met provinsiale verkeersowerhede gehou is, het gelei tot 277 boetes vir oortredings van die Nasionale Padverkeerswet, terwyl 59 bestuurders in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het.

Padblokkades wat saam met provinsiale verkeersowerhede gehou is, het gelei tot 277 boetes vir oortredings van die Nasionale Padverkeerswet, terwyl 59 bestuurders in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste
Padblokkades wat saam met provinsiale verkeersowerhede gehou is, het gelei tot 277 boetes vir oortredings van die Nasionale Padverkeerswet, terwyl 59 bestuurders in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste

Die Vrystaatse Polisiekommissaris, luitenant-generaal Thabang Lesia, het alle polisielede, gespesialiseerde eenhede en eksterne rolspelers geloof vir hul volgehoue toewyding om misdaad te bekamp en die veiligheid van gemeenskappe in die Vrystaat te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button