Local newsNews

Vaal Mall huurders maak harte oop vir Parys-kinders

Die vreugde op die kindergesiggies was groot vir die bederf waarmee hulle Saterdagoggend verras is.

Vaal Mall en franschise-huurders van dié winkelsentrum in Vanderbijlpark het hul harte die afgelope naweek oopgemaak vir die kinders van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se Huise van Veiligheid in Parys.

As deel van die 67-Minute Mandela Dag uitreik, is die kinders van die Chrissanloo en Lerato Huise bederf met ‘n Spur ete en bederfpakkie, terwyl nie-bederfbare kruideniersprodukte vir beide veiligheidshuise ook geskenk is, het Maretha Lombard, bemarkingsbestuurder van Vaal Mall gesê.

VVA het hul dank uitgespreek teenoor die borge – Vaal Mall, Spur, Game en Econo Foods Vaal Mall.

Susan Ramohlkoane en Pulane Mosifa van Game Vaal Mall, saam met Maretha Lombard (bemarkingsbestuurder van Vaal Mall, by die huismoeder van Huis Chrissanloo en VVA se Sanette Boonzaier by die bederf vir die kinder wat by Chrissanloo en Lerato Huise oorhandig is. (Foto: Liezl Scheepers)
Susan Ramohlkoane en Pulane Mosifa van Game Vaal Mall, saam met Maretha Lombard (bemarkingsbestuurder van Vaal Mall, die huismoeder van Huis Chrissanloo, en VVA se Sanette Boonzaier by die bederf wat vir die kinders by Chrissanloo oorhandig is. (Foto: Liezl Scheepers)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button