Local newsNews
Geen borg vir Vrystaatse speurder
Mahlangu is gearresteer nadat die gemerkte lokvalgeld in sy besit gevind is.
Die 43-jarige speursersant William Mahlangu, wat op 10 Julie 2026 in hegtenis geneem is op aanklagte van korrupsie en afpersing, is vandag borgtog deur die Sasolburgse Landdroshof geweier. Die saak is uitgestel tot 31 Augustus vir verdere ondersoek.
Mahlangu is op 10 Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering omkoopgeld van ‘n 41-jarige klaer geëis het in ruil daarvoor dat ‘n aanrandingsaak teruggetrek sou word.
Die saak is onder die aandag van die Vrystaatse Polisie se Teenkorrupsie-eenheid gebring waarop ‘n lokval vir hom gestel is,
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



