
Parysenaars se reaksie was oorweldigeend vir vanjaar se Best of Parys-nominasies, en nou word daar staatgemaak op die publiek om te së wie die wenners in die onderskeie kategorieë van vanjaar se prestige toekennings is.
Stemlyne open vandag, Donderdag 30 Julie, en sal daar met die toekennings vir die derde jaar agtereenvolgens erkenning gegee word aan plaaslike sakeondernemings wat uitstaan wanneer dit kom by diens by uitnemendheid.
Daardie besighede wat na jou mening die ekstra myl loop vir kliëntevredenheid.Die wenners word uitsluitlik deur lesersstemme bepaal. Die besigheid in elke kategorie met die meeste stemme, is die kategorie-wenner.
Wenners sal tydens ‘n spog ontbytgeleentheid in Augustus aangekondig word.
Slegs aanlyn stemme word aanvaar en kan jy daagliks stem tot en met 16 Augustus wanneer stemlyne sluit.

So werk die stemproses
- Jy kan in meer as een kategorie vir die besigheid van jou keuse stem.
- Jy kan daagliks stem terwyl stemlyne oop is.
- Slegs een stem per dag per IP-adres word vir elke subkategorie aanvaar. Hou in gedagte dat alle gebruikers op ‘n Wifi-netwerk dieselfde IP-adres het. Dit beteken dat al sou meer as een stem van ‘n IP-adres deurgaan, die stelsel outomaties slegs een stem per IP-adres per dag sal tel. Stemme word ook geverifieer om te verseker dat die stemproses regverdig en volgens die reëls sal geskied.
Stem nou by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-best-of-parys-2/



