Local newsNews
Parys Martial Arts studente presteer
Verskeie van die studente het ook hul SARMAF-kleure verwerf.
Sewe studente van Parys Martial Arts het op 27 Junie aan die SARMAF Interstyl SA-kampioenskap deelgeneem.
Anakin Powell verwerf vier goue medaljes en twee silwermedaljes. Dominic Powell verwerf vier goue medaljes en een vierde plek.
Gerrit Gouws verower ses goue medaljes en ‘n silwermedalje, Ané Gouws twee goue medaljes, en Mea Gouws drie goue medaljes.

Abilene Pretorius het ‘n silwermedalje, en twee goue medaljes ingepalm, en Liam Venter twee bronsmedaljes en ‘n silwermedalje.
Anakin, Dominic, Gerrit, Ané, Mea, en Abilene verwerf ook hul SARMAF-kleure tydens die byeenkoms.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



