Local newsNews
Krokkies swaai die stokke en kolwe
Die Krokkiedag is 'n jaarlikse instellling in Parys waar mini-krieket en mini-hokkiespanne mekaar die stryd aansê.
Daar is op 14 Augustus met dosyne hokkiestokke en krieketkolwe laat waai op Primêre Skool Parys se sportgronde waar die jaarlike Krokkiedag met mini-krieket en mini-hokkie, behoorlik die dorp laat woel het.
Die o6-, o7-, o8- en o9-spanne van Bailie Park, ML Fick, Vaalpark, Lumiére, Noordskool, Dome Primary, Schonkenville en Parys, het mekaar die stryd aangesê.
Vanjaar was die vyfde jaar agtereenvolgens dat vriendskaplike wedstryde tydens Krokkiedag hier gespeel is.
Die geesdrif van spelers op die veld, maar ook die entoesiasme van ondersteuners langs die veld, was aansteeklik. Die dag is gekenmerk deur uitstaande sportmangees.











At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



