Local newsNews

Dapper bergreddingsoperasie gee afsluiting vir Oos-Vrystaatse familie

Die multi-dissiplinêre span is geloof vir hul professionaliteit, spanwerk en toewyding.

‘n Dapper reddingsoperasie in die bergagtige gebied by Fouriesburg in die Oos-Vrystaat het uiteindelik die week berusting gebring vir die familie van die 34-jarige Rethabile Matlolelle wie se liggaam Dinsdag gekry is.

Matlolelle se familie het hulp by die Caledonspoort-polisiestasie gevra nadat hy in die bergagtige gebied vermis geraak het. Die polisie het onmiddellik ’n soektog van stapel gestuur. Ten spyte van die uitgebreide en onverpoosde soektog op uitdagende terrein is Matlolelle se liggaam eers Dinsdag 17 November gekry.

Die bergingsoperasie het gespesialiseerde vaardighede en lugsteun vereis weens die steil en ontoeganklike bergterrein. Adjudant-offisiere Swannie Swanepoel en Hollie Holtzhausen van die Bloemfontein- en Sasolburg-soek-en-redding-K9-eenhede is per helikopter na die toneel ontplooi en met behulp van toue laat sak tot by die plek waar die liggaam gevind is.

Die SAPD se Lugvleuel in Bloemfontein, onder bevel van kolonel Norval van die Pretoria-Lugvleuel, die Fouriesburg-polisie, die Plaaslike Misdaadrekordsentrum (LCRC) van Bethlehem, Patologie dienste van Ficksburg en Noodmediese Dienste (EMS) was deel van die multidissiplinêre operasie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het al die lede en nooddienspersoneel wat aan die operasie deelgeneem het, geloof vir hul professionaliteit, spanwerk en toewyding. Danksy hul pogings kan die familie nou uiteindelik berusting vind en hul geliefde met waardigheid ter ruste lê.

geloof vir hul professionaliteit, spanwerk en toewyding.
Die reddingsoperasie is op uiters moeilik begaanbare bergterrein uitgevoer. Foto: SAPD

Die operasie het die moed, toewyding en gespesialiseerde vermoëns van SAPD-lede beklemtoon wat buitengewone pogings aangewend het om die oorledene onder uiters moeilike omstandighede van die berg af te haal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button